All posts by overkruinak

Budget Insurance Kolonnade 3-in-1 wedloop lok duisende hardlopers

OverkruinwedloopVoorblad-e1458564773377

Die Overkruin atletiekklub het Saterdag die tweede Budget Insurance Kolonnade 3-in-1 padwedloop met groot sukses aangebied.

Toe die klub hierdie wedloop verlede jaar vir die eerste keer aangebied het, was dit só gewild, dat daar besluit is om dit ’n jaarlikse instelling te maak. Die sukses van verlede jaar se wedloop het dit ook vir Overkruin atletiekklub moontlik gemaak om aansoek te doen om dit vanjaar as ’n amptelike ligawedloop van Atletiek Gauteng-Noord aan te bied. Dié aansoek is goedgekeur en vanjaar se wedloop het uit sy nate gebars.

Die inskrywings vir al drie wedlope (21,1km halfmarathon, 10km padwedloop en 5km pretdraf) het letterlik verdubbel teenoor verlede jaar en die organiseerders moes raakvat om alles vlot te laat verloop. Dít het hulle só goed gedoen dat verskeie atlete spontaan ná die wedloop die organiseerdes gekomplimenteer het.

“Daar is aan elke klein detail aandag gegee,” het Pieter Venter, ’n atleet van die Vitality klub ingenome aan Rekord gesê.

Ook Barry Meiring, ’n plaaslike atleet van Montana, was baie beïndruk met die wedloop. “Dis een van die beste wedlope waaraan ek in ’n lang tyd deelgeneem het,” het hy ingenome gesê.

Nadat Pretoria verlede week byna die heel week lank reënweer beleef het, kon die atlete nie vir beter weer gevra het tydens die wedloop nie. Daar was geen reën nie, maar omdat die wedloop om 06:00 begin het, kon atlete in koel, windstil weersomstandighede deur die state van die boomryke voorstad, Montanapark, hardloop.

Die vier waterpunte op die roete is ook weer beman deur spanne wat met mekaar gekompeteer het vir die Rekord-trofee, wat aan die beste waterpunt oorhandig word. Waterpunte word beoordeel op grond van aspekte soos hul gees, die oorspronklikheid met die aanbieding en die moeite wat gedoen is. Hoërskool Overkruin se waterpunt is vir die tweede jaar agtereenvolgens as beste waterpunt op die roete aangewys.

Brent Rothmann, Produkbestuurder van die wedloop se hoofborg, Budget Versekeringsmakelaars, het tydens die prysuitdelingsgeleentheid gesê hulle is aangenaam verras met die reuse opkoms van atlete wat deelgeneem het. Hy is deur Susan Steward, Bemarkingsbestuurder van Budget, bygestaan met die uitdeel van pryse aan al die kategoriewenners.

Carloline Wöstmann het die halfmarathon vir vroue gewen, terwyl Bafana Dube eerste oor die wenstreep was in die mansafdeling.

RUNNING GEAR

Indien jy met ‘n Overkruin Atletiekklub lisensienommer deelneem, MOET jy in Overkruin klubklere hardloop.

Dit word so vereis deur AGN. Jy kan met enige swart broek of rompie deelneem.

Ronell Herbst  (buffelsdrift.office@gmail.com) hanteer die klubklere. Sy is Woensdagaande beskikbaar by die tydtoets indien jy klere wil bestel. Bring asseblief jou geld of bewys van betaling saam.

Hardloop Vest Dames & Mans
R235
Langmou hemde Unisex
R180
Drimac baadtjies Unisex R390
Hardloop kepse Unisex
R110
Social T-Hemde Unisex TBA

 

crop_top dames_hemp mans_hemp

R180 - New Design

unisex_baadjie unisex_langmou

HOW TO JOIN THE CLUB

GENARAL

As soon as you are ready to join, go to the website off ASA http://asa.saclubs.co.za/ and on licensing and registration choose there Overkruin klub. Make sure that you completely fill in the online form.

At the bottom is the .pdf form on how to register at ASA (Athletics South Africa).

Pay your membership fee by doing an EFT transfer to the Club’s bankaccount

As soon as we have the proof of payment, we will allocate a license number to you on the ASA website and give the license number to you, he or another management member will be available on Wednesday afternoon from 17:30 at the time trial on Hoërskool Overkruin’s grounds at our club house next to the lapa building,  at the Club tent at any of out tent races in and around Pretoria.

MEMBERSHIP FEES 2020

  • Senior members: R400 (license number included)
  • Junior members: R100 (license number included)
  • Family package: 1st adult member R400, 2nd adult member R300, Juniors R100
  • 10 year Overkruin members R250
  • Grand Masters R200
  • Social Members R150
  • Please note! that the membership fee stays the full amount, even if you will join the Overkruin Atletiekklub later in the year

ALTERNATIVE

Send an e-mail for at overkruinatletiekklub@gmail.com with the following information and they will then register you;

  • Mobile number
  • What is your e-mail address
  • What is your ID
  • Give me a password what you easily will remember, you can change it later
  • Full names
  • Physical Address
  • Postal address
  • By whom is your medical aid
  • Medical aid membership number
  • if something happens to you on a race, what is the person’s name that we can contact
  • What is that persons mobile number
  • Occupation

HOW TO REGISTER AT ASA ….. Click here >>> 

ABOUT US

Our mission

Overkruin Atletiekklub is an amateur athletics club that was established in xxx and focuses mainly on road running. In terms of our Constitution we aim to promote running as a social sport and encourage mass participation in road races and other road running related events.

Although we cater mainly for road runners, walkers and triathlon athletes are also welcome.

The club consists of approximately 110 members of all ages.

Time trials

Time trials take place every Wednesday at 17 30 and start and finish at the club.  Club members take turns to keep time and various awards are up for grabs based on participation and performance at the time trials!

 

Klubbraai

Bring en braai elke eerste Woensdag van die maand na die tydtoets.

Ons loot twee Run-a-Way Sport vouchers ter waarde van R100 elk uit by elke braai (een vir ‘n man en een vir ‘n dame). Onthou jy moet ‘n klublid wees en teenwoordig wees by die braai om ‘n kans te staan om te wen! Sien julle daar!

Spoedoefening

Daar is spoedoefening elke Maandagmiddag. Ons begin 17:30 Ons kom bymekaar by die klubhuis by die skool se atletiekbaan. Almal is welkom!

Lang-afstand oefening

Gereelde Saterdag oefening vanaf die skool. Tye en datums sal via e-pos gekommunikeer word. Sien jou daar!