Races
gaan terug na Wedlope
Wedloop etiket

Dit is belangrik dat atlete mekaar respekteer en konsidereer tydens 'n wedloop. As 'n wedloop ordelik en stemmig verloop verseker dit dat almal die wedloop net soveel meer geniet! Atlete wat reeds lank aan padwedlope deelneem gehoorsaam almal die volgende stel ongeskrewe "reels":

Wegspring

Die vinnigste atlete behoort voor weg te spring. So sal die grootste hoeveelheid atlete die vinnigste in die veld in beweeg en plek maak vir die stadiger atlete na agter. Op die manier hoef vinnige atlete ook nooit stadiger atlete verby te vat nie wat verder help om opeenhopings en bottelnek situasies voorkom.

Wees dus konsidererend teenoor ander atlete by die wegspring. As jy 'n stadiger atleet is, staan meer na agter.

Het jy geweet? Met groot wedlope soos Comrades waar baie atlete deelneem word atlete by die wegspring gesorteer. 'n Atleet se kwalifiserende tyd bepaal in watter blok hy / sy wegspring. Blok A is heel voor vir vinnige atlete en blok H is heel agter vir stadiger atlete.

Tydens die wedloop

Die roete met padwedlope is gewoonlik redelik breed, met genoeg plek vir atlete om gemaklik te beweeg en mekaar verby te vat. Opeenhopings onstaan wel soms, veral reg by die begin van die wedloop, om skerp draaie en teen steil bulte. Die volgende is goeie etiket in sulke situasies:

Waterpunte Weggooi van sakkies / bekertjies

Wedlooporganiseerders verkies dat atlete hul sakkies in die pad gooi waar dit maklik is om skoon te maak, of in bokse wat soms langs die pad staan vir 100m of so na elke waterpunt. As jy 'n redelike afstand na die waterpunt nog met jou sakkie loop / hardloop, hou hom tot by die volgende waterpunt of die einde voor jy hom weggoi om dit vir die skoonmakers maklik te maak.

Probeer om nie sakkies voor ander atlete in te gooi nie, en probeer om nie sakkies in die middel van die pad te gooi waar ander atlete per ongeluk daarop kan gly nie.

Moet nooit enige vuilgoed in die veld gooi nie, veral nie by wedlope wat in natuurreservate plaasvind nie.

.

Opeenhopings by waterpunte

Atlete moet spoed verminder om water of koeldrank te kan raakvat by 'n waterpunt, wat dikwels probleme veroorsaak.

Moenie te vinnig van die kant af insny of voor ander atlete inhardloop nie. Moet ook nie te vinnig spoed verminder of dood stop in die middel van die pad nie. Kyk eers of jy nie 'n ander atleet se spoed belemmer nie.

Verby te vat

'n Algemene reel is om links te hou sodat almal wat jou wil verby vat aan jou regterkant kan verbybeweeg. Wees egter ook bewus daarvan dat vinnige atlete altyd die kortste pad om draaie wil neem om nie onnodige afstand te hardloop nie. Wees dus op die uitkyk vir vinnige atlete sodat jy nie per ongeluk voor hulle inbeweeg nie.

Eindpunt

Dit is belangrik om in die volgorde te bly waarin jy klaargemaak het, totdat die organiseerders jou inskrywing by jou geneem het en oor die staalpen gedruk het. Die tydhouers sit eers na 'n wedloop die tye wat geneem is by elke atleet se naam, en as die inskrywings in die verkeerde volgorde ingeneem word, gaan die tye wat geneem is nie aan die regte atlete geken word nie.

 

Will be translated soon into ENGLISH

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

.