|
Races
|
|||||
Vir versekering en identifikasiedoeleindes moet atlete wat aan wedlope deelneem wat 10km of langer is met ‘n lisensienommer deelneem (jy het dus nie ‘n lisensienommer nodig om aan ‘n 5km “fun run “deel te neem nie).
Tydelike lisensies kan by elke wedloop gekoop word teen ±R30.00 ‘n keer, maar as jy by ‘n klub aangesluit het is ‘n lisensienommer ingesluit by jou ledegeld en neem jy die hele jaar met hom deel. Jou lisensienommer is geldig vir een jaar, vanaf Januarie wanneer die nommers beskikbaar gemaak word tot aan die einde van Januarie die volgende jaar, wanneer die nuwe nommers beskikbaar gemaak word.
Vanaf 2014 is daar net 1 nommer en die nommer moet voor op jou hempie vasgesteek of vasgewerk word as jy aan wedlope deelneem en moet te alle tye duidelik sigbaar wees.
Ander embleme
Ander embleme moet ook voor en agter vasgesteek of vasgewerk word en sigbaar wees. Ander embleme dui ouderdomskategorieë aan (J vir juniors, 40, 45, 50, etc.) en onderskei stappers (W) van hardlopers. Hierdie embleme is groot rooi letters op ‘n wit agtergrond. Die embleme is te koop by AGN of by sommige sportwinkels soos Run-a-Way sport of Running Inn. Jy kan ook jou eie embleme maak, solank dit rooi op wit en duidelik sigbaar is.
Adel Harris maak ook die embleme (borduurwerk) vir die Klub. (Embroidery Worx) info@embroideryworx.co.za
Die embleme vir ouderdomskategorieë werk soos volg:
Juniors is almal 19 jaar en onder, die jaar waarin jy 20 word is jy reeds 'n Senior. Die ander kategorieë is van die dag dat jy 30, 35, 40, 45, 50, 55, 60, 65, 70, 75 of 80 word. Vir die gewone padwedlope is daar slegs 40-49, 50-59, 60-69 en 70+ kategorieë, by die landloop en kampioenskappe is die kategorieë elke 5 jaar. Mens kan dus die embleme koop op elke 5 jaar, dan kan jy dit vir alle wedlope gebruik.
Waarom moet jy jou embleme dra? / Why should you wear your emblems?
Embleme help sodat jou mede-atlete kan sien in watter kategorie jy deelneem, sodat mense in dieselfde ouderdomskategorie met mekaar kan meeding en sodat hardlopers nie teen stappers probeer kompeteer nie.
As jy in aanmerking kom vir 'n prys in jou ouderdomskategorie, of as 'n stapper, maar jy het nie die regte embleme nie hoef die wedlooporganiseerders nie die prys aan jou te gee nie.
Sommige wedlope laat atlete van 60+ verniet deelneem, mits hul embleme duidelik sigbaar is op hul hardloopfrokkie.
---
Emblems help that your fellow-athletes can see in which category you compete, so that athletes in the same age category can compete against each other and so that runners do not try to compete with walkers.
If you should qualify for a prize in your category but are not wearing the correct emblems then the race organizers can choose not to award the prize to you.
Some races will give a discount on entry fee to athletes aged 60+, providing that their emblems are clearly visible on their running vests.
.
.