Races
gaan terug na Wedlope
Inskrywings
Waar om vir padwedlope in te skryf:
Atlete kan vir die meeste padwedlope op die dag van die wedloop inskryf (vanaf ongeveer een uur voor die wedloop begin).
Voorafinskrywings:
Running Inn en Runaway Sport hanteer gewoonlik die voorafinskrywings van padwedlope in en om Pretoria:

Running Inn

012 362 7322

Winkel Nr 4

Brooklyn Sentrum

H/v Duncan & Lynnwood

Brooklyn

Pretoria

Run-A-Way Sport

012 361 3733/8

302 Freesia Straat

Lynnwood Ridge

Pretoria Oos

GPS S-25.7665, E-28.3012

http://www.runawaysport.co.za/

.

Atlete kan ook vooraf by ander aangewese sport of ander winkels inskryf (bv. by Spar winkels vir die Spar Ladies wedloop).

T-hemde word dikwels aan atlete gegee wat die moeite doen om vroeg vir 'n wedloop in te skryf.

LW: Party van die groter wedlope aanvaar net voorafinskrywings. Hierdie wedlope het dan gewoonlik hule eie webtuistes (kyk by ons skakels bladsy) waar jy dan kan inskryf.

Aanlyninskrywings:

'n Derde opsie is om aanlyn in te skryf by Enter Online.

Jy kan dan jou wedloopnommer op die dag van die wedloop gaan afhaal by 'n punt, gewoonlik gemerk Online-entries.

LW: Aanlyn inskrywings sluit gewoonlik twee na drie dae voor die wedloop, so maak seker jy skryf betyds in!

Hoe om in te skryf:

As jy inskryf vir 'n wedloop, maak asseblief seker dat jy die volgende inligting korrek deurgee:

Naam van die klub: Overkruin Atletiekklub (skryf asseblief uit, moenie afkort nie!)

Jou ouderdom: Jou ouderdom op die dag van die wedloop.

Kategorie: Verwys na die ouderdomskategorie waarin jy deelneem:

Provinsie: Gauteng Noord / AGN

Jou geslag: Mans / M of Dames / V / F

Hardloper / Stapper: As jy as 'n stapper deelneem, dui dit aan met 'n W of deur "walker / stapper" uit te skryf.

 

 

Will be translated soon into ENGLISH